Wat moet ek weet van COVID-19 om myself te beskerm? (Afrikaans)

Answer: 

Soos die aantal gevalle van COVID-19 oor die hele wêreld aanhou toeneem, is dit belangriker as ooit om ingelig te bly. Dit is duidelik dat baie Suid-Afrikaners, ondanks vooraf waarskuwing, nie genoeg voorberei het nie. Nog ‘n probleem wat gereeld voorkom, is dat sommige mense die saak glad nie ernstig op neem dit nie.

 

Om seker te maak dat almal genoeg inligting het om hulself en hul geliefdes gesond te hou, het ons die volgende inligting by betroubare bronne gekry en hier beskikbaar gemaak.

Hier is die basiese simptome van die COVID-19 virus:

  • ‘n droë hoes
  • 'n seer lyf
  • ‘n koors bo 38°C
  • ‘n seer bors
  • asemhalings probleme (kort van asem)

Noodwaarskuwingstekens sluit in:

  • Aanhoudende pyn of drukking op die bors
  • Verwarring of onvermoë om op te wek
  • Blouerige lippe of gesig (te kort aan suurstof)

Enige iemand wat die begenoemde simptome het moet onmiddellik by die naaste hospitaal se noodkamer aanmelt.

Hoe jy oordrag kan voorkom -

  • Vermy onnodige fisiese kontak met mense (handdruk, drukkies ens.), veral met die gene wat simptome wys.
  • Probeer om nie aan jou gesig te vat nie, veral nie voordat jy jou hande deeglik skoongemaak het met ’n alkoholbasis-handreiniger nie.
  • Gebruik ontsmettingslappies vir winkeltrollies en ander oppervlaktes war gereeld aan gevat word.
  • Was gereeld jou hande met ’n alkoholbasis-handreiniger.
  • Vermy direkte kontak met publieke handrelings soos by trappe of roltrappe.Moenie goed soos drinkglase, sigarette, kos, elektroniese sigarette en so meer met ander mense deel nie.

Wat jy moet doen as jy of iemand wat jy ken die bogenoemde simptome wys:

Kontak jou huisdokter, hulplyn, of naaste hospital en verduidelik die situasie. Daarna sal die dokter aandy hoe of waar die toets sal plaasvind.

Indien jy positief toets, moet die volgende dinge gebeur:

  • Die persoon sal in kwarantyn geplaas word by een van die aangewese hospitale vir behandeling.
  • Die mense waarmee jy in nabye kontak was in kennis stel word sodat hulle die toets kan neem.
  • Die person sal dan in selfkwarantyn geplaas word vir 14 dae.
  • Die person sal gereeld gemonitor word vir enige Covid-19 simptome – tydens en na die 14 dae. Daarna sal die persoon weer getoets word om vastestel of hulle die virus nog kan oordra.

Klik hier om uit te vind hoe om die virus te verhoed: https://buff.ly/34mWtmd  

As jy dink dat jy besmet kan wees, voltooi die volgende risikobepalingstoetshttps://buff.ly/2JTILxD 

Kontak die nasionale hulplyn by 0800 029 999 of stuur ‘n Whatsapp na 0600 123 456 vir meer inligting oor die nuutste getalle en inligting oor die siekte.

FAQ Categories: